'n Skool vir Christelike, Volkseie Onderwys
Volkskool Brakpan
Kultuur
Die Direksie van die skool staan die beginsel van gebalanseerde opvoeding voor. Leerlinge word dus binne, en buite, die skool blootgestel aan ‘n verskeidenheid van sport-en kultuuraktiwiteite ten einde hulle vermoë hierin te ontwikkel en te ontdek.
Sport
Die skool is ingeskakel by die BCVO se sportorganisasie en neem onder hierdie vaandel deel aan:
 
Rugby, netbal, atletiek, landloop, krieket, jukskei, tennis en skaak.
 
Leerlinge vorder in rugby en netbal jaarliks vanaf skoolvlak na Streekspanne (Sentraal Transvaal Streek) en dan na die BCVO Winterspele waar hulle in Streekverband teen ander Streke in die land meeding. Leerlinge kan hier gekies word in Nasionale BCVO-spanne wat jaarliks in België aan ‘n Netbaltoernooi en in Frankryk aan ‘n rugbytoernooi deelneem.
 
Die atletiekseisoen kulmineer jaarliks deur skoolvlak-en Streekvlakbyeenkomste in ‘n Nasionale BCVO-Atletiekkampioenskapsbyeenkoms waar leerlinge ook in Streekverband teen ander Streke meeding. Nasionale BCVO-Erekleure in Atletiek word tydens die byeenkoms toegeken aan atlete wat buitengewone prestasies ingevolge die ABSA-tabelvoorskrifte behaal.
 
Krieket, landloop, tennis en skaak vorder ook jaarliks tot op die vlak van Nasionale byeenkomste, met wye mededinging deur al die Streke in die land.
Kultuur
Die skool is jaarliks met groot getalle leerlinge betrokke in die BCVO-kultuuraktiwteite. Tydens die skool se interne kultuurfees word leerlinge deur die skool se ATKV-gekwalifiseerde beoordelaars en afrigters geadviseer en voorberei vir die Streeks-kultuurfees. Tydens hierdie fees neem die leerlinge deel aan ‘n wye verskeidenheid van kultuur-genres wat redenaars, verskillende groeperinge van sang, verskillende fasette van voordrag, Bybelprojekte en Bybelkenniseksamens insluit.
 
Die skool bied ook roterend revue-opvoerings en skoolkonserte aan waaraan groot groepe leerlinge deelneem. Afrikanerfeesdae word ook deur die skool herdenk.
Meriete
Merietetoekennings word gemaak vir akademiese-,sport-en kultuurprestasies. Die beginsel van ‘prestasie’ word gebruik as die norm vir merietetoekennings en word toegepas vir die genoemde aktiwiteite, sowel as vir prestasies buite skoolverband wat ingevolge die skool se voorskrifte beoordeel word.
volkskool003006.jpg
Tuisblad
Prospektus
EKA
Kontak
Ekstra-kurrikulęre aktiwiteite
Sport
Kultuur
Meriete
Prestasie blad
H/V Colliery & Middelweg, Brakpan
Tel: 011-743 3621 / 3622