Volkskool Brakpan is ‘n onafhanklike skool geaffilieer by die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) met die volgende uitstaande kenmerke:

- Die skool word onafhanklik van Staatsvoorskrifte en ten volle deur die ouergemeenskap bestuur.

- Volkskool Brakpan bied reeds 17 jaar lank volwaardige voorskoolse, laer-en hoërskoolonderrig. Onderrigprogramme vanaf Graad 000 tot Graad 12 word aangebied en al die afdelings is op dieselfde terrein gesetel.

- Hoë akademiese standaarde word gehandhaaf in alle grade. Die skool volg die BCVO-kurrikulum wat ten volle deur die oorkoepelende gesagliggaam in Suid-Afrika, UMALUSI, geakkrediteer word. Die skool is self ook by UMALUSI geakkrediteer en ons leerlinge lę die OAER (Onafhanklike Afrikaanse Eksamenraad) se Graad 12 eksamen af, wat lei tot ‘n sertifikaat wat deur alle Universiteite in Suid-Afrika, en selfs ook talle oorsee, aanvaar word.

- Die Personeelkorps bestaan uit 20 ervare en toegewyde onderwysers uit wat in die onderrig-,sport en kultuurbehoeftes van ongeveer 200 leerlinge voorsien. Elke kind kan dus individueel in kleiner klasse tot sy reg kom en raak nie verlore raak as gevolg van groot leerlinggetalle nie.
'n Skool vir Christelike, Volkseie Onderwys
Volkskool Brakpan
H/V Colliery & Middelweg, Brakpan
Tel: 011-743 3621 / 3622
Akademie
Vakke:
 
Die volgende onderrigprogramme word in Graad 1 tot Graad 3 aangebied:
Gesyferdheid, Geletterdheid, Lewensvaardigheid, Bybelonderrig
 
Die volgende vakke word in Graad 4 tot Graad 6 aangebied:
Eksamenvakke: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Bybelonderrig,Geskiedenis en Aardrykskunde, Natuurwetenskap
Simboolvakke: Kuns, Kultuur en Tegnologie, Christelike Lewensoriëntering
Die volgende vakke word in Graad 7 tot Graad 9 aangebied:
Afrikaans, Engels, Christelike Lewensoriëntering, Wiskunde, Geskiedenis en Aardrykskunde (MSW), Natuurwetenskap(Biologie en Skeinat), Bybelonderrig, EBW(Rekenaartoepassingstegnologie, Rekeningkunde), Kuns en Kultuur en Tegnologie.
 
 Die volgende vakke is verpligtend van Graad 10-12:
Afrikaans 1ste Taal, Engels 2de Taal, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid, Christelike Lewensoriëntering en Bybelonderrig
 
Die volgende keusevakke kan gekies word:
Besigheidstudies  of    Fisiese Wetenskap
Gasvryheidstudie  of    Geografie
Rekeningkunde     of    Rekenaartoepassingstegnologie
Biologie
Ingenieursgrafika en Ontwerp

 

-‘n Leerling mag nie Fisiese Wetenskap neem indien hy/sy nie Wiskunde het nie.
-Vanaf Graad 4 tot Graad 10 moet alle voornemende leerlinge ‘n Afrikaans-en  Wiskundetoelatingstoets aflę.

Eksamenfrekwensie:
 
Kwartaal 1:   Mini-eksamen (1 uur toetse)
Kwartaal 2:   Volle Eksamen
Kwartaal 3:   Mini-eksamen (1 uur toetse)
                   Rekordeksamen (Graad 12)
Kwartaal 4:   Volle eksamen
 
Toetsfrekwensie:
 
Graad 4 – 6: Twee toetse per kwartaal in elke eksamenvak
Graad 7 – 9: Twee toetse per kwartaal in elke eksamenvak
Graad 10-12: Soos per individuele vakvoorskrifte.
 
Kliek op 'n foto om groter te sien
Website created and maitained by WLM Graphic and web design
Tuisblad
Prospektus
EKA
Kontak
Tuisblad
volkskool001016.jpg
Akademie
volkskool001015.jpg volkskool001014.jpg volkskool001013.jpg volkskool001012.jpg volkskool001011.jpg volkskool001010.jpg volkskool001009.jpg volkskool001008.jpg volkskool001007.jpg volkskool001006.jpg volkskool001005.jpg volkskool001004.jpg volkskool001003.jpg volkskool001002.jpg
Prestasie blad